NEWS | Latest news articles

Familie-Ondernemings en Opvolgbeplanning

  • 13 February 2017
  • 1947
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  nasieingesprek



FABASA (Family Business Association of South Africa) of (Familie-Besigheid Assosiasie van Suid Afrika) is gestig om familie-ondernemings by te staan om die BESTE PRAKTYKE te implimenteer om te verseker dat die familie-onderneming behoue bly vir toekomstige generasies. FABASA verskaf toegang tot geakkrediteerde familie-onderneming-konsultante om familie-ondernemings, met hoofsaaklik die volgende twee belangrike take, by te staan:

1. Behoorlike Beheerstrukture (“governance”) wat sal verseker dat emosies nie negatief impakteer op sakebesluite nie en ook dat die bestaande en inkomende generasie konsensus bereik oor die reëls en waardes wat sal verseker dat die familie-onderneming behoue bly vir toekomstige generasies.

2. Professionele Opvolgbeplanning om te verseker dat die oorgang van die bestaande na die inkomende generasie soomloos en belastingvriendelik geskied en dat die uitgaande en inkomende generasie finansieel versorg bly.

Vir meer besonderhede kan u die sameroeper van FABASA kontak by

André Diederichs
Hoof-Sameroeper
[email protected]  en [email protected]
Mobile nommer: 0824533288

Onthou gerus om die volle opname van die paneelbespreking te kyk soos verfilm by die Senwes Jongboerkongres:

https://www.youtube.com/watch?v=tBElICZGXN8&t=204s

Skakel na die kykNET Program oor Familie-ondernemings:

https://www.youtube.com/watch?v=iwmAARZjDXY&t=1s






Related Articles