NEWS | Latest news articles

Handelsverhoudinge onder die loep by Nasie in gesprek

  • 08 September 2023
  • 592
  •  
  •  
  •  



Paneellede, toegerus met uiteenlopende insigte en perspektiewe, sal hierdie besprekingspunte aanpak. Sodoende word ’n dinamiese en insiggewende gesprek moontlik gemaak wat die diepgaande impak van globale konflik op die wêreld van handel ondersoek.

Sprekers:

Alan Winde – Premier: Wes-Kaap

Wolfe Braude – Agbiz

Wandile Sihlobo – Agbiz

Anthony Clark – Smalltalkdaily Research

John Hudson – Nedbank

Die impak van die Russiese oorlog het Suid-Afrikaanse handelsverhoudinge onder die vergrootglas geplaas, wat tot ontwrigtings in globale voorsieningskettings, skommelinge in kommoditeitspryse, en diplomatieke spanning aanleiding gegee het.

Nywerhede, wat afhanklik is van Suid-Afrika se hulpbronne, is veral geraak. Dit het besighede aangespoor om hul strategieë te hersien. Die ekonomiese impak van hierdie konflik, tesame met oorwegings ingevolge die Wet op Groei en Geleentheide in Afrika (AGOA), lei tot veranderings in handelsalliansies en beleggersvertroue. Dit beklemtoon die ingewikkelde verband tussen geopolitiese gebeure en internasionale handel en selfs gemeenskaps- of produsentgeleide ingrypings uit hul eie sak.

Sluit by ons aan vir hierdie omvangryke paneelbespreking oor sinvolle vordering en geleenthede te midde van dié struikelblokke.

Sitplek is beperk: Bespreek nou jou plek hier.

 






Related Articles