NEWS | Latest news articles

Nasie in Gesprek – Akademici in Gesprek Slag Heilige Koeie Met Harde Feite

  • 19 May 2016
  • 1674
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  press-release



Croucamp was deel van ‘n paneelbespreking met aanbieder prof. Johann Kirsten, Hoof van die Departement Landbou-Ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling (Universiteit van Pretoria) asook prof. Nick Vink, Voorsitter van die Departement Landbou-Ekonomie (Universiteit van Stellenbosch).
 
Die drie akademici het oor die stand van landbou gepraat met die onderwerp getiteld, “Akademici in Gesprek Slag Heilige Koeie met Harde Feite”.
 
Dr. Croucamp het aangevoer: “Ons werklike probleem is om die familieboer by die proses van transformasie te betrek.” Met ander woorde “Daar moet probeer word om die boer te laat inkoop in die idee van transformasie.” 
 
Die siening tydens die sessie was dat produsente transformasie ook self moet probeer bestuur. Produsente het immers nog altyd aangepas om lewensvatbaar te bly, selfs ondanks die feit dat subsidies reeds in die 80’s gestaak is.
 
Prof. Kirsten het vanuit die ankerposisie verklaar dat daar baie dinge in die landbousektor is waarvan min mense bewus is: “Het jy geweet dat die meerderheid van wit boere in Suid-Afrika maar eintlik ook kleinboere is?” Dit in terme van die wins van produsente. Daarby het Kirsten ook genoem “hoe die verskynsel van ‘n megaboer in ʼn waardeketting funksioneer” maar taamlik onbekend in Suid-Afrika is.
 
Op sy beurt het prof. Vink op die verskille tussen Amerikaanse en Suid-Afrikaanse boerderye gefokus: “In Amerika lewer sowat 20% van boere nagenoeg 80% van die produksie in daardie land. In Suid-Afrika lewer sowat ʼn derde van die boere sowat twee derdes van die produksie.”
 
Vanuit die gehoor het Japie Grobler, Voorsitter van die Agri Securitas Trustfonds, gesê dat sonder kollateraal, eiendomsreg en grootte van skaal is ons besig met ʼn klugspul in Suid-Afrika.” Op ʼn positiewe noot het Grobler bygevoeg “Julle kan help bou. Pasop om nie negatief te wees oor geleenthede wat bestaan nie. Ons het die geleentheid om die gemeenskap bymekaar te bring.”
 
Tydens die sessie was daarop gewys dat grond nie net aan mense verskaf kan word sonder die nodige ondersteuning wat hulle sal toelaat om die grond te bestuur nie. Verder moet die ondersteuningsnetwerke ook in plek wees alvorens daar met ʼn boerdery begin kan word.
 
Grobler het ook die gesprek geneem na die kwessie van nuwe en verskillende organisasies in landbou en sy siening oor hoe hierdie organisasies met die regering moet kommunikeer. “Inherent is dit ʼn bedreiging. Dit is ʼn baie netelige situasie. Die nuutste aanbeveling is om ʼn outonomie van vergadering tot die volgende vergadering te vestig. En dan om slegs daaroor te vergader waaroor daar wel outonomie bestaan.”
 
Croucamp het ook produsente gewaarsku oor hulle reaksie op sekere kwessies: “Onthou! Daar is politieke kapitaal daarin om te wys dat jy ondermynend is.” Hy het daarby aangesluit dat produsente veral in hul pasoppens moet wees want “Die minister doen dit polities moedswillig.”
 
Dr. Croucamp het afgesluit dat transformasie beteken verskillende dinge vir verskillende mense; dit klink vir hom of Minister Nkwente plase van wit produsente wil afneem en dit net vir swart produsente wil gee, maar indien jy na sy begroting kyk, lyk dit of niks in realiteit gebeur nie.
 
Die bespreking het uitgebrei namate die gehoor ook hulle vrae tot die gesprek gevoeg het. Kyk na die volledige gesprek deur op die skakels hieronder te kliek.
 

Kyk na al die episodes op Youtube, hou die webtuiste dop vir die uitsaaitye van die verskeie episodes op die verkillende televisiestasies en laai ons app af. Volg die gesprek ook op Twitter @nationconverse en kyk uit vir ons gereelde plasings op ons Facebook bladsy asook op Instagram.






Related Articles