NEWS | Latest news articles

Nasie in gesprek by Nampo Kaap fokus op aktuele kwessies

  • 25 August 2023
  • 878
  •  
  •  
  •  



Volgens Francois Redelinghuys, bemarkingsbestuurder by Senwes, is Nasie in gesprek iets wat dié organisasie baie na aan die hart lê. “Nasie in gesprek het ten doel om kenners, landbouers, beleidmakers en Jan Publiek deel te maak van die diskoers binne die landboubedryf, en oplossings na aanleiding van behoeftes binne dié sektor te oorweeg.

Volgens Redelinghuys gaan Nasie in gesprek weer by vanjaar se Nampo Kaap in Bredasdorp van 13 tot 16 September aangebied word, met ʼn hernude fokus op relevante kwessies in die Kaapprovinsie. “Dis belangrik om te onthou dat die landbouomgewing anders lyk in die Kaap as in die sentrale provinsies, en daarom wou ons seker maak dat ons vanjaar ʼn program aanbied wat spesifieke temas in hierdie deel van die land aanspreek,” het Redelinghuys dit gestel.

Vanjaar se program sluit ook bekende sprekers en rolspelers vanuit die Kaap in, waaronder Alan Winde (premier van die Wes-Kaap), Geordin Hill-Lewis (burgemeesteer van die stad Kaapstad) en Ivan Meyer (provinsiale minister van landbou in die Wes-Kaap).

“Gesprekke sal onder meer oor die oplossings handel wat tans in die Kaap toegepas word om die elektrisiteitskrisis aan te spreek, die impak van die regerende party se siening oor die Russiese oorlog op handelsverhoudings, geleenthede binne die kanolabedryf en die uitdagings in die skaapbedryf,” het Redelinghuys gesê.

Lees die program hier.

 

Uitgereik deur die Senwes Groep: 24 Augustus 2023






Related Articles