NEWS | Latest news articles

Nasie in Gesprek – Die Politiek van Voedsel

  • 18 May 2016
  • 1577
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  press-release



Mpumelelo Mkhabela, oud-redakteur van die Sowetan; Prince Mashele, Politieke Analis; Joe Maswanganyi, Groep Uitvoerende Direkteur van Senwes; en prof. Mzukisi Qobo, Politieke Risiko Analis, het hulle tande omtrent ingeslaan in dié vleiserige onderwerp waar die slotsom eenparig was dat “ons moet wegbeweeg van die ‘ons en hulle mentaliteit’ en besef dat voedselsekuriteit ons almal raak.
 
Indien die regering voortgaan om produsente met onvolhoubare beleide te vervreem, en indien produsente voortgaan om na werkers en swart produsente as aparte entiteite te kyk as hulself, sal beide partye aan die verloorkant wees,” het Prince Mashele gesê.
 
Prof. Qobo het gesê dat daar, soos hy dit stel, “spanning tussen die regering en landboubesighede en kommersiële produsente is. Ons het met ‘n situasie te doen waar beide partye ʼn gebrek aan leierskap het en mekaar aan die kele gryp.”
 
Prince het bygevoeg dat “jy nie net grond aan mense kan gee nie. Weet Julius Malema en die EFF waar die olie vandaan kom waarmee hulle vanoggend spek gaargemaak het? As jy net die land gee sonder ʼn ondersteuningsisteem wat opleiding, finansiële hulp en vaardighede in alle aspekte van besigheid insluit, sal die grond onproduktief word en die hele land sal honger ly.”
 
Joe het sy gewig by die debat gevoeg deur te sê dat die regeringsdepartemente baie meer belyn moet wees. “Ons staar baie kontrasterende kommunikasie van verskillende regeringsdepartemente in die gesig wat verwarring en vrees in die sektor inboesem. En as jy eers daardie beeld geskep het, is daar gevolge soos die wisselkoers en beleggings wat daal asook stygings in voedselpryse wat alles bydraende faktore is tot die bedreiging van voedselsekuriteit.” Joe het bygevoeg dat die regering beleide instel wat gerat is tot die volhoubaarheid van voedselsekuriteit.
 
Prince het die paneel herinner aan wat in Zimbabwe gebeur het waar winsgewende plase as gevolg van wanbestuur vernietig was en Zimbabwe hul status as Afrika se broodmandjie verloor het.
 
Die paneel het ook aan die onderwerp van plaasarbeid geraak en hoe dit beide die produsent en die werkers raak. Prof. Qobo het gesê dat Suid-Afrika ‘n geskiedenis van slegte arbeidspraktyke op plase en swak salarisse het. Hy het bygevoeg dat salarisse deur vervoerkostes en hoë lewenskostes geaffekteer word en aan die ander kant  “was arbeidskostes een van die grootste sake vir die produsent in terme om sy besigheid voort te sit.”  
 
Hier was daar ook ʼn geleentheid vir dialoog tussen dié twee partye om ʼn volhoubare oplossing vir beide te vind asook vir voedselsekuriteit. 
 
“Dit is daarom dat besprekingsplatforms soos Nasie in Gesprek van kardinale belang is,” het Joe laastens mee afgesluit.
 
Kyk na al die episodes op Youtube, hou die webtuiste dop vir die uitsaaitye van die verskeie episodes op die verkillende televisiestasies en laai ons app af. Volg die gesprek ook op Twitter @nationconverse en kyk uit vir ons gereelde plasings op ons Facebook bladsy asook op Instagram.





Related Articles