NEWS | Latest news articles

Nasie in Gesprek – Die Vermenigvuldiger Effek - Die Werklike Waarde van Landbou

  • 18 May 2016
  • 3237
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  press-release



Die sessie was geanker deur Theo Vorster, Uitvoerende Hoof van Galileo Capital met die paneel wat bestaan het uit prof. Ferdi Meyer, Direkteur van BFAP (Buro van Voedsel- en Landboubeleid); prof. Johann Kirsten, Hoof van die Departement Landbou-Ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling by UP, Mike Schüssler, Direkteur en Eienaar van Economists.co.za sowel as prof. Nick Vink, Voorsitter van die Departement Landbou-Ekonomie, Universiteit van Stellenbosch.
 
Die paneel het die Vermenigvuldiger Effek – Die Werklike Waarde van Landbou bespreek waar Mike die bespreking aan die gang gesit het deur die konsep van BBP te verduidelik as “ʼn toegevoegde waarde konsep” waar die totale waarde van ʼn betrokke produk gemeet kan word deur al die toevoegings wat van die produksie- en verkope kant bygevoeg kan word.
 
“Om ʼn voorbeeld te gebruik, indien jy na die wynbedryf kyk moet jy die impak daarvan op die ekonomie meet deur die toerisme komponent wat dit genereer, ook in te sluit,” het Nick gesê. Die paneel het saamgestem dat rouprodukte in landbou nie in isolasie beskou kan word as die enigste bydrae daarvan tot die BBP nie, maar dat dienste soos vervoer, verpakking en verwerking, ensovoorts, alles ʼn bydrae tot die vermenigvuldiger effek op landbou lewer. 
 
Dan is daar ook natuurlik die vermenigvuldiger effek van werksverskaffing,” het prof. Kirsten bygevoeg.
 
Theo het genoem dat Suid-Afrika nou agter lande soos Egipte en Nigerië in terme van BBP is. Nick het daarop geantwoord dat Egipte en die res van Afrika toegang tot die Nylrivier het en daarmee dus ook toegang tot “een van die grootste besproeiingsisteme ter wêreld het, en tesame met politieke stabiliteit in die streek gedurende die laaste paar jare, het dit daatoe gelei dat koring- en mieliegewasse die hoogte ingeskiet het.”
 
Ferdi het gesê dat daar drie kritiese kwessies is wat aangespreek moet word wat die groei van die landboubedryf kniehalter. “Politieke onstabiliteit, struikelblokke in handel soos die eenvoudige ondertekening van sake waaroor ooreengekom is, asook die kostes van hulpbronne soos water en elektrisiteit, is alles sake wat hierdie bedryf terughou.”
 
Mike het bygevoeg dat “ons oppad is om ʼn werkloosheidskoers van amper 10 miljoen mense te behaal. In enige ander land sou dit opsigself as ʼn katastrofe beskou word, maar die regerende party se fokus is na binne, in stede daarvan om egter hierdie sake aan te spreek.”
 
Prof. Kirsten het saamgestem dat “politieke onstabiliteit verseker beleggings beïnvloed.”
 
Politieke Analis prof. Piet Croucamp het vanuit die gehoor sy kommentaar gelewer: “Weens die gebrek aan bystand van die regering se kant, skep baie kommersiële produsente hulle eie markte oorsee.”
 
Die sessie was gekenmerk deur ʼn groot belangstellende gehoor met een van die lede van die gehoor wat op die moontlikheid dat die landbousektor inmekaar kan sak te sinspeel, deur die paneel te vra oor hulle uitkyk rakende hierdie scenario. 
 
Kyk na die volledige sessie deur op die volgende skakels hieronder te kliek.
 
Kyk na al die episodes op Youtube, hou die webtuiste dop vir die uitsaaitye van die verskeie episodes op die verkillende televisiestasies en laai ons app af. Volg die gesprek ook op Twitter @nationconverse en kyk uit vir ons gereelde plasings op ons Facebook bladsy asook op Instagram.





Related Articles