NEWS | Latest news articles

Nasie in Gesprek – Van Plaas tot Tafel, Volhoubaar

  • 19 May 2016
  • 1953
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  press-release



Die paneel het uit ‘n paar gekenne manne in die bedryf bestaan met Francois Strydom, Hoof Uitvoerende Bestuurder van Senwes, Connie Jansen van Vuuren, President van Beefmaster Suid-Afrika, Kevin Lovell, Uitvoerende Hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimvee Vereniging asook Kobus Pienaar, Bestuurder by Woolworths Foods se bekende Good Business Journey, om ‘n geheelbeeld te verskaf.
 
Francois het aangedui dat die prys van stysel omtrent verdubbel het, maar hier is daar egter ‘n baie belangrike aspek om te oorweeg. “Mens moet die relatiwiteit daarvan oorweeg. Elke kossoort se energie en koste moet vergelyk word. Ten spyte van alles, is mieliemeel nogsteeds die beste.” Connie het geantwoord dat hulle baie bevoorreg is: “Daar is ‘n baie groot aanvraag na rooivleis, en ‘n groot gros mense koop nou net meer maalvleis en agterkwarte.” Aan die negatiewe kant is prys; “die droogte gaan dalk eers in September die rooivleiskoper affekteer.” Kevin het die pluimvee oogpunt uitgelig: “Die goedkoopste diereproduk is eiers. Die beste kwaliteit produk is ook eiers. Dan eers volg varkvleis en beesvleis.”
 
Kobus het die aspek van veiligheid van produkte aangeraak: “Ons kliënte dring daarop aan. Hulle wil weet: is die kos veilig om te gebruik en hoe word dit geproduseer?” Connie het die aspek verder geneem tot by naspeurbaarheid. “Naspeurbaarheid is nog nie so ver gevorderd in Suid-Afrika nie. Maar daar is ‘n ernstige beweging in daardie rigting.” Hierop het Francois genoem: “Suid-Afrikaners se etiese waardes is in wese goed,” en dan het hy die siening gedeel dat ons nog ver van Amerikaners en Europeërs se standaarde is.
 
Kobus het bygevoeg dat mens soms net moet aanvaar dat die produk wat jy koop gesond is, “Ons sal sover as moontlik uit geneties gemodifiseerde produkte bly.” “Konseptueel moet ons kyk dat dit wat ons aan die verbruiker verskaf, wel veilig is,” het Kevin aangevoer. 
 
Die definisie van die waardeketting is ook omskryf. Francois het benadruk, “elkeen in die waardeketting het ‘n bepaalde rol en voeg waarde toe.” Kevin het ‘n belangrike punt bygevoeg dat “die waardeketting eerder as ‘n sirkel as ‘n reguit lyn” benader moet word. So het hy genoem dat mens die werking daarvan beter kan verstaan. Kobus noem verder, “Ons is baie bevoorreg in Suid-Afrika. Ons het ‘n baie korter waardeketting. So is ons baie nader aan die boer.”
 
Van boere gepraat, het Francois ook die uniekheid van die Suid-Afrikaanse produsent in die waardeketting uitgelig. “Hulle kry die helfte van die reënval teenoor produsente in Amerika en ontvang  ook nie subsidies nie”. Daar was ook konsensus dat die Suid-Afrikaanse verbruiker uniek is en baie anders daarna uitsien as in Amerika of Europa.
 
Om op te som is daar baie aspekte in die landbouwaardeketting wat van die plaas tot op ons tafel gebeur. Die regering, politici, ekonomie sowel as aspekte soos beskikbaarheid, bekostigbaarheid en kultuur beinvloed die hele proses.
 
Kliek op die volgende skakels om na die volledige program te kyk.
 

Kyk na al die episodes op Youtube, hou die webtuiste dop vir die uitsaaitye van die verskeie episodes op die verkillende televisiestasies en laai ons app af. Volg die gesprek ook op Twitter @nationconverse en kyk uit vir ons gereelde plasings op ons Facebook bladsy asook op Instagram.






Related Articles