NEWS | Latest news articles

Onderwerpe te kies en te keur by Nasie in Gesprek

  • 12 May 2016
  • 1840
  •  Nation in Conversation
  •  
  •  nampo-2016



Van die onderwerpe onder bespreking op dag een is Suksesstories wat deur die bekende Nasie in Gesprek anker, Theo Vorster (Galileo Capital), gelei word,  Die Politiek van Voedsel wat deur Mpumelelo Mkhabela, Voormalige Redakteur van Sowetan, gelei sal word en Dr. Mmatlou Kalaba, 'n internasionale handelsekonoom, sal die anker wees wanneer gesprek gevoer gaan word oor hoe om risiko’s te bestuur.
 
Dag twee is Vorster terug wanneer die Ware waarde van Landbou bespreek word, asook Beleidsaangeleenthede en Regeringsideale. Prof. Johann Kirsten lei die gesprek met Akademici in Gesprek getiteld Heilige Koeie. 
 
Op dag drie hanteer Vorster die gesprek  Van Plaas tot Tafel, en Familiebesighede wat gevolg word deur Kalaba wat die Fokus op die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en Afrika sal begelei.
 
Alles bou op tot die heel laaste dag wanneer die immergewilde televisie nuusaanbieder, Jeremy Maggs, die tema Verander die Beeld van Landbou, sal aanpak.
Moenie hierdie 10 gesprekke met amper 40 paneelgaste by Nasie in Gesprek by NAMPO Oesdag misloop nie.
 





Related Articles