NEWS | Latest news articles

Sluit aan by die gesprek - sluit aan by Nasie in Gesprek

  • 12 May 2016
  • 1685
  •  Nation in Conversation
  •  
  •  nampo-2016



Reg aan die begin het ons gedink om landbou aan landbou te bemark, maar gou agtergekom dat daar baie meer aspekte betrokke is wat ‘n baie wyer visie verg. Met hierdie visie het Nasie in Gesprek deur die jare uitstekende groei getoon en word daar tans veral baie op ʼn tegniese vlak spandeer. Hier word daar jaar-op-jaar verbeter en vanjaar selfs nog meer.
 
Die verbreding in onderwerpe wat bespreek word is veral merkbaar. Daar is baie relevante onderwerpe vanjaar soos onder andere boerdery as familiebesigheid sowel as die beeld van landbou, waar die verbruiker veral 'n rol speel. Dit is hier belangrik om te besef dat uitbreiding in terme van inligting geldig, informatief en stimulerend moet wees. Dit gaan oor baie meer as net die fisiese produksie, maar sluit ook die manier van lewe, die kultuur, politieke en sosiale kwessies en voedselveiligheid in. Daar moet verstaan word dat die verbruiker ingelig is. Die verbruiker is ingestel op dit wat hy eet en drink, nie net vanuit ʼn veiligheidsoogpunt nie, maar ook vanuit ʼn sosiale oogpunt. “Wat jy ookal vanuit ʼn primêre produsent se oogpunt doen het ʼn impak op die verbruiker”. As gevolg hiervan moet die verbruiker ingelig word en daar moet onthou word, die verbruiker het 'n sê.
 
Hier help Nasie in Gesprek help met die gesprekvoering. Dit beteken om gesprekvoering aan die gang te sit, maar dit bring ʼn sekere verantwoordelikheid daarmee saam, naamlik om die debat verder te neem.
 
Dit bring ons by die teiken gehoor, en in terme van die gehoor moet mens baie krities wees: “Wie wil ons hê moet die gehoor wees en wie is die gehoor. My doel is om die 55 miljoen verbruikers in Suid-Afrika te bereik. Nie net die produsente en ander instansies vroeg in die voedselwaardeketting nie”. Spesifiek die stede en metropole word geteiken en selfs dié wat vir jare uit die proses gesluit was. Ek is oortuig daarvan dat ons en ons vennote hierdie doelwit bereik. “Landbou het ‘n groot impak op die Suid-Afrikaanse landskap en ekonomie. Jy as verbruiker moet ‘n opinie hê. Raak die primêre produksieprosesse in Suid-Afrika aan en jy raak aan Suid-Afrika”.  
 
Vir Francois Strydom  is die hele konsep van vennote is uiters belangrik. Baie van die oorspronklike vennote is nog steeds teenwoordig, en nuwes kom aan boord. Van die grootste borge oor die jare is AFGRI, Engen, Graan SA, Hinterland, Monsanto, Nedbank, NWK, John Deere en Senwes. Ons het almal ‘n gedeelde verantwoordelikheid. “Wat hier uniek is, is dat kompetisie saamwerk aan hierdie konsep, wat die belangrikheid van die onderwerpe wat bespreek word, beklemtoon. Die doelwit is om nog meer rolspelers betrokke te kry”. En wat hom verder veral opgewonde maak is die uitgebreide gastelys by vanjaar se Nasie in Gesprek.
 
So rig Francois Strydom ‘n uitnodiging aan almal om deel van Nasie in Gesprek te wees. Hierdie uitnodiging gaan nie net oor fisiese bywoning maar ook betrokkenheid deur middel van ander media. “Sluit aan by die gesprek, sluit aan by Nasie in Gesprek.”





Related Articles