NEWS | Latest news articles

Waarom Isuzu?

  • 18 January 2017
  • 3082
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  nasieingesprek



“Imperial Truck Centre is aan die voorpunt van verkope en naverkopediens onder Isuzu-vragmotorhandelaars in die land,” volgens Le Roux Roux, Franchise Direkteur, en Ben Steenkamp, Verkoopsbestuurder van hul Isuzu handelaar. Hulle beoog om voort te gaan met hul betrokkenheid by die reeks en is trots om met die immergewilde Nasie in Gesprekreeks geassosieer te word.

Meer oor Imperial Isuzu Truck Centre:

Markleier met talle toekennings

Hul vragmotorverkope is groot en verteenwoordig 12.75% van Isuzu se nasionale verkope, met 4 346 eenhede in 2015. Dié prestasie het aan Imperial Truck Centre Isando die toekenning as 2015 Topvolumehandelaar besorg, met die verkoop van 554 eenhede, sowel as die eerste en tweede plekke vir die beste verkoopspersone. Bronwyn Andrade het die toekenning as beste handelaarbestuursbeampte ingepalm met Elzahn Heyns die tweede plek. “Ons is trots op die prestasies van ons Isando handelstak, veral ons twee verkoopspersone. Hul harde werk spreek duidelik uit dié resultate,” sê Roux.

Bekostigbare handelsmerk

Roux hou vol dat “meer bekostigbare” handelsmerke ʼn toename sal toon soos klante meer prysbewus raak.

Transmissie

Daar is ‘n neiging om geoutomatiseerde handtransmissiestelsels aan te skaf. Die AMT het ʼn omwenteling in die voertuigvlootmark begin met Roux en Steenkamp wat bevestig dat 75% van die vragmotors wat hulle verkoop, met AMT-transmissiestelsels toegerus is. Die voordele is vanuit ʼn bedryfstydperk- asook kostebesparende perspektief bewys en dié stelsels vereis minder instandhoudingstyd.

“Staantyd bly ʼn belangrike faktor en dit is waarom klante hulle na Isuzu Trucks wend vir ʼn betroubare oplossing wat tyd en geld bespaar,” sê Roux. Baie van die mediumreeks vragmotors van Isuzu is met ʼn AMT-transmissiestelsel toegerus en dit bly ʼn leier met ʼn dravragkapasiteit van 2.5 tot 8 ton. By die AMT-model gebruik die bestuurder nie ʼn koppelaarpedaal by wegtrek, ratte verander of stilhou nie. Slegs ʼn rathefboom, versnelpedaal en rempedaal word gebruik en dit bespaar duisende rande. Dit help om op beide outomatiese of handratwyse te bestuur en skakel koppelaarmisbruik uit.

Klantediens is tops

Die vragmotorwerkswinkel van Imperial Truck Centre Isando en GM Isando kan 15 vragmotors per dag versien of herstel, met die werkswinkel wat tot 40 voertuie per dag kan hanteer. “Die sentrum het ‘n omvattende onderdele-afdeling met R6 miljoen se onderdele en bied ook 24-uur padbystand aan ons vragmotorklante,” voeg Roux by.

Die handelaar in Bloemfontein kan 25 vragmotors per dag versien. Die werkswinkel is oop op Saterdae, indien dit vooraf gereël word, en onderdele van R1.5 miljoen word in voorraad gehou. Hulle lewer onderdele binne die Bloemfontein-distrik af.

Roux en Steenkamp is vol vertroue dat Isuzu Trucks die gesogste vragmotors in Suid-Afrika sal bly. “Ons het onsself as ʼn betroubare handelsmerk binne die vlootsektor gevestig en toon jaar ná jaar groei. Diens is die middelpunt van ons onderneming, wat in ooreenstemming met die kernwaardes van Isuzu is.”

Vir enige navrae besoek die webwerf www.imperialtruckcentreisando.co.za of skakel 011 974 3001.






Related Articles