NEWS | Latest news articles

Finansies: Arbeid, Diversifikasie en Finansiële Beplanning

  • 19 May 2017
  • 3252
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  press-release



Theo het die sessie afgeskop deur die punt te maak dat dit meer waarskynlik vir ʼn produsent is om sy plaas aan sy buurman te verloor as deur die regering soos kommersiële produsente net al hoe groter en groter word.
 
Jannie het tot ʼn sekere mate saamgestem maar het bygevoeg: “Dit is ook markkragte, wisselkoerse en klimaattoestande wat ‘n rol speel. Suid-Afrikaanse produsente het ʼn reputasie om nuwe tegnologie bitter vinnig aan te neem en dat presisieboerdery het ons byvoorbeeld gehelp om die droogte te oorleef. Maar ek dink ons moet ons spel opskerp wanneer dit by die bemarking en finansiële beplanning van die bestuur van ʼn boerderybesigheid kom.”
 
Marelize het haar stem by die gesprek gevoeg deur te sê dat finansiële beplanning baie belangrik is vir die sukses van enige besigheid. “Produsente moet regtig tyd maak om vorentoe te beplan en kwessies aan te spreek soos kapitaalwinsbelasting en boedelbelasting wat ʼn groot impak veral op ʼn familiebesigheid kan hê.”
 
Pieter het gesê dat die landboubedryf met R45 miljard in die skuld is, “die skuldverhouding is op ʼn aanvaarde vlak.” Hy het bygevoeg dat produsente moet hulle geld op realistiese dinge spandeer en slim diversifiseer, ken en beplan vir die risiko’s wat saam met diversifikasie kom.”
 
Wanneer dit by familiebesighede kom het Pieter gesê dat kommunikasie ʼn sleutelrol speel. “Ons het bevind dat familielede nie met mekaar praat nie en wanneer die pa tot sterwe kom, kan die testament as gevolg van konflik, nie voltooi word nie.”
 
Johan het weereens benadruk dat finansiële beplanning baie belangrik is “omdat dit al die aspekte bymekaar bring wat jou besigheid beïnvloed en jou in staat stel om te sien waar die risiko’s en geleenthede is.”
 
Jannie het gesê dat ʼn kopskuif aan die bemarkingskant nodig is: “Ons moet besef dat graanbemarkers nie ons vyande is nie en ons moet in hierdie verhoudings met hulle belê en deeglike beplanning in hierdie verband doen.”
 
Die reeks vier vanjaar vier jaar van uitsendings by Nampo waar die gesprek oor die belangrikheid van landbou wyd versprei word oor verskeie hoofstroom media soos KykNet, 702/Cape Talk, Soweto TV, Business Day TV en baie ander. Die reeks is ook beskikbaar via YouTube. Laai die Nasie in Gesprek Toep af by www.nasieingesprek.co.za om by die gesprek aan te sluit asook vir die volledige uitsaaiskedule waar jy die volledige episode kan kyk.
 
Einde
 
Uitgereik deur: 
Marlon Abrahams 
Kommunikasiebestuurder 
Tel: 018 464 7349  
Sel: 076 412 9717





Related Articles