NEWS | Latest news articles

Leer meer oor groente as net Jan en die boontjierank met Nasie in Gesprek

  • 02 March 2017
  • 1761
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  nasieingesprek



Hierdie keer gaan kuier die kamera in die Noordwes provinsie wat bekend staan as die erfenisbestemming van Suid-Afrika. Hier word spesifiek by Hartbeespoort ingeloer met natuurlik die majestieuse dam wat daar is. In die “Kontrei” segment kyk ons na die aantreklikhede en aktiwiteite soos seilplankry, seiljagvaart en ander lekker pret aktiwiteite op die dam. Het jy geweet dat die dam reeds in 1925 gebou is en 205 miljoen kubieke meter water kan hou; en as die dam vol, is die oewer ‘n hele 56 km lank?
 
Dan maak die program ook ‘n draai by die 2016 Agri Noordwes Jongboer van die Jaar, John Griffiths, waar dié besproeiingsboer nege gewasse produseer. Om jou redelik uit die veld te slaan, lewer hulle 10 000 koolkoppe asook 12 000 bossies spinasie per dag. Hoe klein voel jou groentetuin nie nou nie!
 
Landbouweekblad Redakteur, Chris Burgess, gesels in “In Konteks” met aanbieder, Rozanne McKenzie, onder andere oor hoe wortels deesdae groot opslae maak omdat dit vanweë toenemende meganisasie baie goedkoper geproduseer kan word as in die verlede. Chris vertel ook ons meer oor die neiging na veral groentesappe in Suid-Afrika.
 
Ons maak ook ‘n draai by die Varsproduktemark in Johannesburg. ‘n Interessante statistiek is dat daar jaarliks tussen drie en vier miljard kilogram groente deur markte in Suid-Afrika versprei word.
 
Die Bestuurder van die Produce Marketing Association, Lindie Stroebel, gesels dan met mede-aanbieder van die program, Theo Vorster. Sy verduidelik hoe belangrik jy as die verbruiker is en hoe jou koopgedrag jou beursie op die ou einde van die dag raak. Net ‘n voorbeeld, jy kan vandag 2.5 kg druiwe by die varsproduktemark aankoop vir omtrent dieselfde prys as wat jy in die supermark vir 250 gram druiwe betaal. Dit laat jou beslis weer dink!
 
As jy dalk die program misgeloop het, kan jy dit aanlyn kyk:
https://www.youtube.com/watch?v=JfW-syCp6_8

Nasie in Gesprek – Met trots geborg deur Monsanto, Nedbank en Senwes, in samewerking met Hinterland, NWK en AFGRI.  





Related Articles