NEWS | Latest news articles

Nasie in Gesprek – Beleidsaangeleenthede

  • 19 May 2016
  • 1726
  •  Nasie in Gesorek
  •  
  •  nasieingesprek



Die gesprek wat by Nampo Oesdag in Bothaville verfilm is, het die pas wat deur die vorige sessies gestel is voortgesit in terme van die lewendige gesprekke oor relevante kwessies in landbou.
 
Die paneel se siening was dat Suid-Afrika op die drempel van ʼn politieke skuif is en dat die landbousektor die veranderinge wat hulle vir hulleself wil bewerkstellig, self moet bestuur. 
 
Hamish het gesê dat hulle rede tot kommer het: “Ons is nou reeds in beseringstyd, ons het in die laaste dekade ʼn afwaartse tendens beleef met betrekking tot die verlies aan produsente en geen belegging deur nuwe produsente nie... die ideaal is om te sien dat landbou volgehoue groei toon omdat die bevolking van Suid-Afrika en Afrika ook groei, en iemand sal almal moet voed.”
 
Die paneelgaste het saamgestem dat daar sekere goeie beleide in plek is, maar die probleem steek kop uit tydens die implementering van hierdie beleide.
 
Hamish het inligting met die gehoor gedeel van ʼn voorlegging rakende grondhervorming wat hy in China aangebied het. Hy het aangevoer dat die nege streke ter wêreld wat aan hierdie studie deelgeneem het, verklaar het dat die algemene rede waarom grondhervorming onsuksesvol was, was die gebrek aan vennootskappe met die privaatsektor in terme van opleiding.
 
“In Suid-Afrika het ons die ekstra dimensie dat daar ʼn tekort aan vertroue tussen die regering, produsente en die privaatsektor is. Die twee ander kwessies wat die studie in hierdie nege streke uitgelig het, was ʼn behoefte aan makro-finansierders sowel as ʼn behoefte aan gefasiliteerde kommunikasie tussen die verskillende aandeelhouers. Ons moet hieruit leer,” het Hamish gesê.
 
Jannie het hierop geantwoord dat die Nasionale Ontwikkelingsplan voorsiening maak vir die oordrag van 20% van grond. “Dit is aanvaarbaar, want daar kom jaarliks sowat 13% grond die mark binne, maar finansiering om hierdie plase te bekom, word nie beskikbaar gestel nie.” 
 
TP Nchocho het op die kwessie van gebrek aan finansiering gereageer deur te sê dat die Landbank wel op versoeke van ekonomiese lewensvatbare befondsing sal reageer. “Die rol van die Landbank is om finansiering met ʼn doel te verskaf, en ons doel is om geld beskikbaar te stel om die ontwikkelingskoek te vergroot, asook om sosiale verandering te affekteer... die kwessies van beleide sowel as die gebrek aan implementering daarvan, affekteer die bank op so ʼn manier dat die lening en die beleide in harmonie moet saamwerk, en indien dit nie saamwerk nie... sal beleide ʼn impak op die vloei van finansiering hê.”
 
Kliek op die volgende skakels vir die volledige program.
 

Kyk na al die episodes op Youtube, hou die webtuiste dop vir die uitsaaitye van die verskeie episodes op die verkillende televisiestasies en laai ons app af. Volg die gesprek ook op Twitter @nationconverse en kyk uit vir ons gereelde plasings op ons Facebook bladsy asook op Instagram.






Related Articles