NEWS | Latest news articles

Nasie in Gesprek besoek Ceres om die kollig op die Vrugtebedryf te plaas

  • 06 February 2017
  • 1846
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  nasieingesprek



Die derde episode van die Nasie in Gesprekreeks in 2017 poog om die kollig op die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf te plaas wanneer die span hul kamera’s in Ceres en die omliggende gebied opslaan. Die vrugtebedryf het ʼn massiewe impak op die ekonomie en die welstand van gemeenskappe waarbinne hulle handel dryf en dit het ook ʼn groot impak op die nasionale ekonomie.

Die program besoek die Du Toit Groep en De Keur plase wat groot rolspelers in die bedryf is en vind uit wat alles betrokke is om die vrugte van plaas tot tafel te neem. Danell du Toit, BD van die De Keur Groep praat oor die rol van arbeid in hulle besigheid. “Ons glo dat mense een van ons grootste bates is en dat ons net goeie produkte kan produseer as ons personeel goed opgelei is.”

Soos gewoonlik sluit Landbou Weekblad Redakteur, Chris Burgess by die aanbieder van die program, Rozanne McKenzie aan met insiggewende statistiek oor die bedryf. Hy begin met dat Suid-Afrikaanse vrugte “van die beste in die wêreld is.” Chris sê verder dat die bedryf genereer nagenoeg R22 biljoen en het verseker ʼn impak op die ekonomie. “Ons het egter regeringsbystand nodig om nuwe markte te betree aangesien ons grootste teenstaanders Australië en Suid-Amerika, vorderings maak om nuwe markte soos China binne te dring.” Chris sê dat dit interessant is dat Afrika ook ʼn mark word wat glad nie geïgnoreer kan word nie.

Marina Potgieter, BD van De Keur Verpakking neem ons deur die proses van verpakking en hoekom dit belangrik is om ʼn ʼn produk van hoogstaande gehalte aan te eindgebruiker te lewer. “Ons het van die heel beste toerusting beskikbaar wat selfs die vrugte na gelang van die kleur sorteer.”

Chris hou jou ook vasgenael voor die skerm wanneer hy oor die uitdagings van die “baie voorgeskrewe” Europese mark en die belangrikheid van die “maksimum residu-vlakke” gesels.

Theo Vorster raak weer ernstig in die besprekingsdeel van die program wanneer hy met dr Roelof Botha, Ekonomiese Adviseur vir PWC gesels: “Menses al geskok wees wanneer hulle besef watter impak landbou op die totale ekonomie het. Mense vergeet dat die waardeketting nog selfs voor die plant begin en logistiek, versekering en ʼn verskeidenheid van ander aspekte insluit wat op die einde amper 23% van die ekonomie verteenwoordig.

Volg die skakel na die volledige kykNET Program:

https://www.youtube.com/watch?v=ag1Y9ozlpD0

Laai die Nasie in Gesprek Toep by die app winkel af en besoek die webtuiste www.nasieingesprek.co.za vir die volledige uitsaaiskedule.

Nasie in Gesprek – Met trots geborg deur Monsanto, Nedbank en Senwes, in samewerking met Hinterland en NWK.






Related Articles