NEWS | Latest news articles

Nasie in Gesprek is hier! Spog met splinternuwe toepassing

  • 12 May 2016
  • 1770
  •  Nation in Conversation
  •  
  •  press-release



Hierdie Nasie in Gesprek-toepassing is reeds in die onderskeie app stores beskikbaar en behels alles wat ‘n kranige landboufanatikus nodig het om deel van ieder en elke paneelbespreking tydens Nampo 2016 te wees. 
 
Gebruikers kan intyds alle besprekings op die toepassing volg, opinies lug asook vrae direk aan die aanbieder in die ateljee rig, wat hy dan met sy gaste kan bespreek. Sodoende kan jy dit beleef asof jy elke dag op Nampo Park in die Nasie in Gesprek-ateljee is! 
 
Die toepassing maak seker dat ieder en elk op hoogte van aktuele landbousake is met die nuutste persverklarings en inligting rondom die tye, paneelgaste en onderwerpe wat bespreek gaan word.
 
Van onderwerpe gepraat. Met boeiende temas soos Suksesstories, Die Politiek van Voedsel, Hoe om risiko’s te bestuur, Ware waarde van Landbou, Beleidsaangeleenthede en Regeringsideale, Heilige Koeie, Van Plaas tot Tafel, Familiebesighede, Fokus op die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en Afrika en Verander die Beeld van Landbou, kan jy nie bekostig om Nasie in Gesprek vanjaar mis te loop nie.
 
En met kwaliteit aanbieders soos Theo Vorster (Galileo Capital), Mpumelelo Mkhabela (voormalige Redakteur van Sowetan), Dr. Mmatlou Kalaba (Internasionale Handelsekonoom) en Jeremy Maggs (Televisienuusaanbieder) gaan die gesprekke met amper 40 paneelgaste vuurwarm wees wanneer Nasie in Gesprek vanaf 17 tot 20 Mei 2016 by NAMPO plaasvind.
 
Die vennote by vanjaar se Nasie in Gesprek sluit in: AFGRI, Engen, Graan SA, John Deere, Monsanto, Nedbank en Senwes. Hinterland is die venoot in die “VIP Lounge”. 
 
Laai die toepassing nou af vanaf die onderskeie app stores, Apple of Android, of kliek op die volgende skakel www.nasieingesprek.co.za/appstores
 





Related Articles