NEWS | Latest news articles

Nasie in Gesprek kyk na die Suid-Afrikaanse Wynbedryf

  • 06 February 2017
  • 1908
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  nasieingesprek



Episode twee van Nasie in Gesprek se nuwe TV-reeks draai die kollig na die Suid-Afrikaanse wynbedryf, wanneer die baanbreker landbougespreksprogram die hartjie van die wynroete – Wellington - besoek. In lyn met die nuwe gevoel van die program, fokus die kameras op die asemrowende uitsig van die Kaapse Wynland. Die program stop vir ʼn wyle by die James Sedgwick Distilleerdery, wat verantwoordelik is vir Suid-Afrika se voorkeur whiskey handelsmerke, sowel as by Bosman Familie Wynlandgoed en Diemersfontein.

Landbouweekblad Redakteur, Chris Burgess, sluit by aanbieder Rozanne McKenzie aan in die “In Konteks” segment van die program, en hy deel merkwaardige statistiek oor die wynbedryf, soos byvoorbeeld dat “die produsent slegs 46 sent van ʼn R40 bottel wyn verdien”.

“Die marges is nogals klein in die wynbedryf, en inderdaad vervang baie wynprodusente hulle wynlande met ander gewasse. Daarom dat ons meer wyn moet drink!” sê Chris.

Chris deel ook sy insigte met ons rakende die uitdagings wat die wynbedryf in die gesig staar om die handelsmerke internasionaal te bemark. “In SA word ʼn duur wyn op R2 000 geraam, terwyl in Frankryk dit in die omgewing van R250 000  is.”

Sake word ernstiger wanneer Rico Basson, HUB  van Vinpro, by Theo Vorster aansluit in ‘n gesprek wat handel oor die verteenwoordiging van CSI projekte in die bedryf. Vinpro is ʼn organisasie wat die belange van 3 300 produsente en 600 kelders in verskeie velde, by die regering en by ander aspekte in die wynbedryf se waardeketting verteenwoordig.

“Die industrie is in die proses van strukturele aanpassing om dit meer winsgewend te maak. Die gemiddelde opbrengs op belegging is 2%. Ons kyk na diversifisering met ander gewasse en om groter klem op die toerismekant van die besigheid te plaas,” sê Rico.

Rico praat dan ook van nuwe wynprodusente met innoverende idees en die organisasie se pogings om internasionaal ʼn groter impak te maak - spesifiek in China, Amerika en veral die res van Afrika.

Moenie Nasie in Gesprek misloop nie. Laai die Nasie in Gesprek Toep by die app winkel af en besoek die webtuiste www.nasieingesprek.co.za vir die volledige uitsaaiskedule.

Nasie in Gesprek – Met trots geborg deur Monsanto, Nedbank en Senwes, in samewerking met AFGRI, Hinterland en NWK. 

Volg die skakel om na die program te kyk, as jy dit dalk misgeloop het: https://www.youtube.com/watch?v=jSBBwvuFK1E






Related Articles