NEWS | Latest news articles

Nasie in Gesprek kyk na die Suiwelbedryf

  • 07 February 2017
  • 1750
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  press-release



Nasie in Gesprek het besoek aan die Oos-Kaap afgelê wat die mees gekonsentreerde Suiwelproduserende gebied in die land is. Hier sien jy panoramiese hommeltuig-beeldmateriaal wat die skoonheid van die kuslandskap en ryk groen aangrensende weivelde, waar koeie rustig wei, wat op kamera vasgevang is.

Die kamera  maak ook ʼn draai by Coega Dairy en kyk na die prosesseringsfasiliteite wat ander suiwelprodukte as melk vervaardig.  Hier word ook gekyk na die betrokkenheid en impak wat die suiwelbedryf op die plaaslike gemeenskap het.

Die Kouga Munisipaliteit Portefeulje Bestuurder, Brenton Wiliams raak liries oor toerisme in die omgewing insluitend die wêreldbekende Jeffreysbaai branderplanktoerisme. “Hierdie is die hoogste digtheid suiwelproduserende gebied in Suid-Afrika en tesame met toerisme is dié twee aktiwiteite die grootste drywers van die ekonomie in die gebied,” sê Brenton.

Soos gewoonlik sluit landboukenner en Redakteur van Landbouweekblad, Chris Burgess, by mede-aanbieder, Rozanne McKenzie aan om meer insig oor die bedryf te verskaf. Chris verduidelik hoekom die uitdrukking “Om ʼn suiwelplaas te bestuur is soos om in ʼn tronk sonder enige tralies te wees” gebruik word om te beskryf hoe hard hierdie bedryf is waar die “koeie twee keer ʼn dag gemelk word.”  

Het jy geweet dat ʼn spesifieke ras koei, wat ons in Suid-Afrika het, tot 100 liter melk ʼn dag op die piek van die laktoseperiode kan produseer? Om uit te vind watter ras dit is, skakel in op die program!

Staatmaker van die program en anker, Theo Vorster, gesels ook met Chris van Dijk, HUB van die Melkprodusente Organisasie, oor die huidige stand van die suiwelbedryf. “Ondanks die feit dat die getal melkproduseerders van 12 000 in 1980 tot 1 680 vandag gedaal het, het die melkproduksie verhoog,” sê Chris. Chris praat dan ook oor transformasie in die bedryf, die rekord getal liters wat verlede jaar geproduseer is, asook die persentasie van die prys wat die gebruiker betaal, wat deur die produseerder verdien word.

Vir dit alles en nog baie meer, moenie hierdie interessante episode van Nasie in Gesprek misloop nie: https://www.youtube.com/watch?v=Jz_H29F-YlE

Nasie in Gesprek – Met trots geborg deur Monsanto, Nedbank en Senwes, in samewerking met Hinterland en NWK. 

Laai die Nasie in Gesprek Toep by die app winkel af en besoek die webtuiste www.nasieingesprek.co.za  vir volledige inligting oor die uitsaaiskedule.






Related Articles