NEWS | Latest news articles

Nasie in Gesprek – Risikobestuur

  • 18 May 2016
  • 1556
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  nasieingesprek



Die sessie was geanker deur dr. Mmatlou Kalaba, Internasionale Handelsekonoom (Universiteit van Pretoria), met die paneel wat bestaan het uit  Kit Barron, Senior Strategiese Bestuurder (The Climate Corporation); Kobus Steenekamp, Besturende Direkteur van Monsanto Suid-Afrika; John Hudson, Landbou Afdelingsbestuurder van Nedbank Besigheidsbankdienste, Jason Brantley, Besturende Direkteur van John Deere SA en Mike Stead, Bestuurder Kommersiële Brandstof by Engen.
 
Gegewe die huidige droogtetoestande ervaar baie produsente verskeie ernstige uitdagings rondom risikovermindering regdeur die voedselwaardeketting. Nedbank se John Hudson het gesê dat die banke die verantwoordelikheid het om die gevolge van nie-betalings meer effektief aan hulle klante te kommunikeer. “Daar is twee areas van risiko’s vir die produsent: die een is besigheidsrisiko’s met die vrees om nie hul produkte na die mark te neem nie, en die ander is finansiële risiko’s wat terugbetalings affekteer.”
 
Kit Barron het gesê dat besighede soos syne, wat nou saam met Monsanto werk, daarna kyk om tegnologie te gebruik om risiko’s te verminder. “Ons het ‘n sagteware toep ontwikkel wat die produsent in staat stel om hulle oes so groot as moontlik te maak deur die effek van die kunsmis, reën, die tipe saad kultivar wat in sekere toestande geplant is, ensovoorts, beter te verstaan.” 
 
Jason Brantley het gesê dat dit belangrik is om die klante op te lei. “Ons verkoop nie net ons produkte aan ons klante nie, ons stap die ekstra myl deur hulle op te lei met betrekking tot  werkbare besigheidsmodelle, en hoe ons produk binne hierdie modelle pas om oeste en winste te optimaliseer.”
 
Engen se Mike Stead het meer lig gewerp op die behoefte om risikovermindering te bestuur in terme van brandstofverskafffing en verspreiding. “Geo-politiese sake, byvoorbeeld in die Midde-Ooste, en logistieke probleme soos swak paaie of skepe wat nie hawens kan binnegaan nie as gevolg van sterk winde, is scenarios waarvoor beplan word en waarvoor ons strategieë in plek het.”
 
Monsanto se Kobus Steenekamp het gesê: “Produsente moet van planttyd tot oestyd omtrent 40 besluite neem, en om hierdie rede probeer ons hulle bystaan deur produkte te ontwikkel wat vir sekere kondisies geskik is. Hy het bygevoeg dat kommunikasie na die verbruiker krities is. Ons moet ook risiko’s verminder rondom die verspreiding van verkeerde informasie - slegs een onverantwoordelike tweet kan ‘n groot impak op die verbruiker se persepsies hê.”
 
Jason het die bespreking afgesluit deur te verklaar dat die “demokrasie van tegnologie, landbou selfs vinniger dryf na ʼn baie interessante fase waar idees omskep word in oplossings om tradisionele landbou-uitdagings die hoof te bied.”
 
Die paneel het saamgestem dat nuwe tegnologie ʼn positiewe impak op die gestoeiery rondom risikovermindering sal hê.
 

Kyk na al die episodes op Youtube, hou die webtuiste dop vir die uitsaaitye van die verskeie episodes op die verkillende televisiestasies en laai ons app af. Volg die gesprek ook op Twitter @nationconverse en kyk uit vir ons gereelde plasings op ons Facebook bladsy asook op Instagram.






Related Articles