NEWS | Latest news articles

Tegnologie Grondgesondheid en Raadgewers

  • 19 May 2017
  • 2075
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  press-release



Die sessie was aangebied deur die kenner en Redakteur van Landbou Weekblad, Chris Burgess wat met paneelgaste gesels het soos John Deere se Jaco Beyers, Senwes se Martin van Zyl, Pieter Smit van Monsanto, Etienne Schoeman van Grasland en Dirk Strydom van Graan SA.
 
Pieter het die toneel geskets dat die “marge vir foute al hoe kleiner en kleiner word, as jy passievol oor volhoubaarheid is moet jy die produsent op die lande hou... wat die rede is dat jy die beste raad moet gee... dit gaan oor verhoudings... jy wil nie verhoudings versuur nie...  gee raad om langtermyn advies te verseker...” Pieter het kommentaar gelewer met verwysing na sy maatskappy se raad aan produsente rakende saad en kultivarkeuses.
 
Jaco het weer genoem dat John Deere nagenoeg $1.2 miljard op navorsing spandeer het sedert 2016. “Ons wil seker maak dat ons die nuutste tegnologie in ons masjiene het om die beste voordeel aan produsente te bied.” Hy het ook genoem dat sensors ʼn paar jaar gelede as waarskuwingsmeganismes gebruik was, maar nou word dit gebruik vir opsporing, advies asook om tegniese kwessies op die masjiene te herstel. 
 
Martin het bygevoeg dat Senwes ʼn strategiese besluit geneem het om “volledige oplossings aan die klant te verkoop, nie sleg produkte nie. Ons het ʼn 24-uur hulpsentrum om bystand te verleen rakende tegniese kwessies by masjinerie.” 
Die bespreking het baie tegnies geword met Etienne wat gepraat het oor die ekologiese sisteme in grond. “Ons is ʼn landboumaatskappy wat kalk produseer en die kort antwoord is dat kalk nie genoegsaam gebruik word nie.” Hy het ook genoem dat die PH balans in grond gehandhaaf moet word en dat dit verseker ʼn impak het op die kwaliteit van jou oes.
 
Dirk het weer aangevoer dat Graan SA ʼn navorsingskoördineerder aangestel het. “Ons probeer om navorsing te doen en befondsing te kry vir navorsing van regoor die wêreld om voor te bly in terme van alle aspekte rakende boerdery insluitend grondgesondheid en klimaatsverandering.
 
 Die reeks vier vanjaar vier jaar van uitsendings by Nampo waar die gesprek oor die belangrikheid van landbou wyd versprei word oor verskeie hoofstroom media soos KykNet, 702/Cape Talk, Soweto TV, Business Day TV en baie ander. Die reeks is ook beskikbaar via YouTube. Laai die Nasie in Gesprek Toep af by www.nasieingesprek.co.za om by die gesprek aan te sluit asook vir die volledige uitsaaiskedule waar jy die volledige episode kan kyk.
 
Uitgereik deur:
Marlon Abrahams 
Kommunikasiebestuurder 
Tel: 018 464 7349 
Sel: 076 412 9717





Related Articles