NEWS | Latest news articles

Jy kan jou Hoenders tel met Nasie in Gesprek

  • 17 February 2017
  • 2074
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  press-release



Soos gewoonlik ontbloot die kamera die asemrowende skoonheid van ons land op ons roete na Tzaneen, wat afgelei is van die word Tsaneng wat “bymekaarkom” beteken. Dit is die tweede grootste dorp in Limpopo en die middelpunt van die subtropiese paradys. Die roete neem ons verby welige woude, sneeuwit watervalle, lui riviere en rollende heuwels terwyl jy by prentjiemooi padstalletjies stop.

James Stewart van Lufafa Hatchery in die gebied neem die televisiekyker op ʼn toer deur die broeiery en verduidelik die proses om hoenders aan die bedryf te verskaf. Lufafa bestaan al vir meer as 25 jaar en bied werks- asook opleidingsgeleenthede aan lede van die plaaslike gemeenskap. Tans voorsien die pluimveebedryf werksgeleenthede aan 130 000 mense.

Landbouweekblad Redakteur, Chris Burgess, sluit by die aanbieder, Rozanne McKenzie aan en deel statistiek en binne-inligting oor die bedryf reg deur die waardeketting, van plaashek tot tafel. Chris verduidelik hoekom Europeërs se hoendereetgewoontes (blykbaar eet die Europeërs net hoenderborsies) daartoe gelei het dat die res van die voël se dele spreekwoordelik in ons skoot gestort word... en hoe dit ook die hoenderprodusent se winsgewendheid aan die onderpunt van die skaal beïnvloed.

Die program maak ook ʼn draai by Country Bird Holdings en onthul die ingewikkelde prosesse wat toelaat dat hoenders uitbroei, groei en op die ou einde in ons mae opeindig. Marthinus Stander, HUB van Country Bird Holdings sê dat min mense besef dat die pluimveebedryf in werklikheid die grootste landboubedryf in die land is.

Die HUB van die SA Pluimveevereniging, Kevin Lovell, is dan in die warm stoel as hy by mede-aanbieder van die program, Theo Vorster, aansluit. Hy plaas die bedryf in perspektief soos hy oor invoere, tariewe, die impak op werkverskaffing en al die ander uitdagings praat wat die bedryf in die gesig staar. Kevin is vasbeslote dat die plaaslike bedryf negatief deur die eerstewêreldlande se houding beïnvloed word deurdat hulle hul ongewenste hoender in ons agterplaas stort.

Moenie hierdie insiggewende en opwindende episode van Nasie in Gesprek misloop nie.

As jy dalk die program misgeloop het, kan jy dit aanlyn kyk:

https://www.youtube.com/watch?v=ZGW41CtzYxI

Nasie in Gesprek – Met trots geborg deur Monsanto, Nedbank en Senwes, in samewerking met Hinterland, NWK en AFGRI.

Besoek die Nasie in Gesprek webtuiste by www.nasieingesprek.co.za en laai die toep by die app winkel af vir al die uitsaaiskedules, tye en kanale waarop die episodes uitgesaai word. Moet ook nie vergeet dat jy via die Nasie in Gesprek toep by die gesprek kan aansluit.






Related Articles