NEWS | Latest news articles

Nasie in Gesprek plaas die kollig op Vroue in Landbou

  • 19 May 2017
  • 1839
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  press-release



Beesboer, Dr Liesel Foster sê dat sy eintlik nog nie diskriminasie teen vroue in landbou ervaar het nie. “Ek neem aan dit is omdat ek in die bedryf grootgeword het en ek ʼn vierde generasie boer is. Die ouer manlike persone in my portuurgroep hanteer my as hul gelyke, wat goed is, die jonger produsente is egter ʼn bietjie twyfelagtig om oogkontak by ʼn gebeurtenis te maak, maar ek het waargeneem dat my geslag selfs minder van ʼn rol gespeel het toe ek my PHD behaal het,” het Liesel gesê. 
 
Lindie Stroebel het op ʼn plaas grootgeword en boerdery is in haar bloed. “Toe ek na skool aanlegtoetse gedoen het was ek vertel ‘As ek maar net ʼn seun was sou ek perfek vir boerdery gewees het.’ Ek het myself nog nooit in enige aard as anders as mans beskou nie. Ons is almal gelyk en ek dink dit lê in hoe jy jouself sien. As jy as ʼn vroue goed vir besigheid wil wees kan jy nie ʼn klein dogtertjie wees nie, jy moet jou onderwerp verstaan en nie as ʼn vrou in jou omgewing praat nie, maar as ʼn persoon wat haar omgewing verstaan.
 
Liesel het die punt gemaak dat vroueboere het meer empatie met diere as gevolg van hulle koesterende aard. Terwyl Lindie bygevoeg het dat vroue in die landbou waardeketting ingesluit moet word want aan die einde van die dag is dit vroue wat die produkte aankoop.
 
Gloria Serobe, HUB van Wipcapital en stigter van Wiphold, SA se eerste Swart Ekonomiese Bemagtingsmaatskappy wat ʼn permanente breë gebaseerde aandeelhouding in 1997 gevestig het, sê dat Wiphold in landbou beweeg het met 2 000 hektaar boerdery.
 
“Ons het besluit om iets te doen wat die bedryf nie doen nie, daar is grond op die platteland waar mense nie sekuriteit het nie, ons het besluit om te fokus op daardie gebied en het die kwessie om glad nie titelaktes te besit nie, die nekslag toegedien. Die grond is bewerkbaar; en die feit dat mense nie titelaktes het nie, beteken nie dat ons vir die regering moet wag nie.”
 
Rakende die kwessies van geslagsdiskriminasie het Gloria gesê dat ouers hulle klein seuns en dogters so moet grootmaak dat hulle van ’n vroeë ouderdom bemagtig word. Om na die volledige episode te kyk en om hierdie uiters interessante bespreking te geniet gaan net na www.nasieingesprek.co.za waar jy ook die Nasie in Gesprek Toep kan aflaai en die volledige uitsaaiskedule kan besigtig.
 
Die reeks vier vanjaar vier jaar van uitsendings by Nampo waar die gesprek oor die belangrikheid van landbou wyd versprei word oor verskeie hoofstroom media soos KykNet, 702/Cape Talk, Soweto TV, Business Day TV en baie ander. Die reeks is ook beskikbaar via YouTube.
 
Einde
 
Uitgereik deur:
Marlon Abrahams
Kommunikasiebestuurder
Tel: 018 464 7349 
Sel: 076 412 9717





Related Articles