NEWS | Latest news articles

Nasie in Gesprek praat vrymoedig oor Die Ware Effek van Grondonteiening Sonder Kompensasie

  • 18 May 2017
  • 1480
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  press-release



Mpumelelo het die agtergrond geskep vir hierdie baie emosionele kwessie deur te sê dat die “regering het gefaal.” “ʼn Teiken van 30% land was in 1994 vir herverdeling daargestel, wat nou nog nie bereik is nie. Nou word baie emosionele uitlatings gemaak, soos heverdeling sonder kompensasie, ens. Die uiteinde is dat ons moet teruggaan na wat voor 1994 gebeur het om die gees van versoening weer vas te vang en dan met die bespreking voort te gaan.” 
 
Bruce het aan Francois gevra hoe angstig landboubesighede is oor die politiese implikasie van grondonteienings. “Landboubesighede moet by hulle besigheidsbeginsels hou. Op daardie manier bly hulle suksesvol en sodoende, by implikasie, sal swartbemagtiging deel van hierdie besigheidsbeginsel van sukses wees. Ek glo dat elke besigheidsektor oop is vir vennootskappe, maar dit is die politieke diere wie verdeling skep.”
 
John het sy gewig by die gesprek gegooi deur te sê dat Agbiz was “baie betrokke by die debat met die departement van grondhervorming, maar die probleem van grondhervorming is dat die regering nie suksesvol was nie, ons erken dat grondhervorming iets is wat moet gebeur, maar ons moet kyk hoe dit geïmplementeer word en wat die uiteindelike doelwit daarvan is.”
 
Bruce het daarna dit aan Pierre Venter gestel dat “grondonteiening sonder kompensasie sal die banksektor negatief beïnvloed.”
 
“Die landbousektor is nagenoeg R145 miljard in die skuld en indien plase sonder kompensasie weggeneem word dink ek die impak is voor die handliggend, ek dink dat die banke sal dit wel kan oorleef. Maar SA Inc. sal ʼn ineenstorting beleef en voedselsekuriteit sal daal,” het Pierre gesê.
 
Bruce het daarna die punt gemaak dat “die man op straat gee nie ʼn flenter om nie, totdat daar geen voedsel op die tafel is nie.”
 
Mpumelelo sê dat daar “’n Verbintenis van kommersiële produsente is om saam met swart produsente te werk, maar ons moet die vaardigheidsrevolusie aan die rol sit sodat al faal wetgewings ons kan mense nog steeds dinge buite bystand van die regering doen. ʼn Goeie vaardigheidsrevolusie kan hier die effek versag indien wetgewing nie die mas opkom nie.” 
 
Die reeks vier vanjaar vier jaar van uitsendings by Nampo waar die gesprek oor die belangrikheid van landbou wyd versprei word oor verskeie hoofstroom media soos KykNet, 702/Cape Talk, Soweto TV, Business Day TV en baie ander. Die reeks is ook beskikbaar via YouTube. Laai die Nasie in Gesprek Toep af by www.nasieingesprek.co.za om by die gesprek aan te sluit asook vir die volledige uitsaaiskedule waar jy die volledige episode kan kyk.
 
Einde
 
Uitgereik deur:
Marlon Abrahams
Kommunikasiebestuurder
Tel: 018 464 7349
Sel: 076 412 9717





Related Articles