NEWS | Latest news articles

Nasie in Gesprek reis deur suikerrietplantasies

  • 13 March 2017
  • 2401
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  press-release



Die aanbieder van die program, Rozanne McKenzie, verduidelik dat die Zimanga Reservaat die eerste in Afrika is om groter klem te plaas om wildlewe fotograwe te akkommodeer deur unieke fotografieskuilings in te rig, wat gelei het tot ʼn vooruitstrewende toerisme ekonomie. Hierdie reservaat spog met ʼn verskeidenheid van wildlewe wat 80 spesies soogdiere en meer as 400 spesies van voëllewe insluit.

Bekende suikerrietprodusent, Charl Senekal, gesels ʼn bietjie oor Senekal Boerdery  en die impak wat dit op die gemeenskap het. Charl vertel dat hierdié plase 50 000 ton suiker per jaar produseer en sien sy besigheid as ʼn “ernstige produseerder van suikerriet.” Ander produsente soos Ferdi Brecher en plaaslike prokureur, Stephan Weich, benadruk die belangrikheid van gemeenskapsbetrokkenheid om sukses te behaal. “Selfs ‘n plaaslike skool word deur die produsente gesubsidieer,” sê Stephan.

Het jy geweet dat gedurende ‘n normale reënvalseisoen sal produsente sowat 20 miljoen ton suikerriet produseer? Gedurende die onlangse droogte het produksie met nagenoeg 30% afgeneem.

Soos gewoonlik deel landboukenner en Redakteur van Landbouweekblad, Chris Burgess, sy unieke insigte oor die bedryf met ʼn paar interessante statistieke, een hiervan is dat die suikerbedryf “nog altyd pro-aktief by transformasie betrokke was met 22% van die land wat reeds na swart eienaars oorgedra is.”

Roy McGladdery van die plaas Treetops buite Pietermaritzburg het die Nedbank Volhoubare Boer Toekenning in 2013 ingepalm en hy sluit by die program aan vanaf sy plaas om die familie se ongelooflike reis met kykers te deel. Roy verduidelik ook hoe die gemeenskap tot die sukses bygedra het, asook hoe sy ingenieursagtergrond hom met sy eie boerdery help.

In “Gespreksfokus” bespreek Suresh Naidoo, Ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Suikerbedryf (SASA) en Sefiso Mhlaba, ʼn Ekonoom by SASA die impak wat die suikerbedryf op die ekonomie en werkskepping het, en watter strategieë ontwikkel word om die impak van die onlangse droogte teen te werk.

As jy dalk die program misgeloop het, kan jy dit aanlyn kyk:

https://www.youtube.com/watch?v=-zTyfYT5pNg&t=768s

Nasie in Gesprek – Met trots geborg deur Monsanto, Nedbank en Senwes, in samewerking met Hinterland, NWK en AFGRI; aangedrewe deur Imperial Isuzu.

Besoek die Nasie in Gesprek webtuiste by www.nasieingesprek.co.za en laai die toep by die app winkel af vir al die uitsaaiskedules, tye en kanale waarop die episodes uitgesaai word. Moet ook nie vergeet nie - jy kan via die Nasie in Gesprek toep by die gesprek kan aansluit.






Related Articles